Piet van Wyk de Vries
- What kind of music? Theatre
- Piet van Wyk de Vries is ‘n liedjieskrywer wie se arm gedraai was om sy eie album op te neem in 2006. Die Son die Maan Die Sterre se uitreiking het hom gevestig as ‘n uiters populere kunstenaar onder luisteraars van meer intelligente Afrikaanse musiek, en met treffers soos MadeleinMadelein en Iemand Soos Jy het hy suksesvol die brug tussen liedjieskrywer en sanger oorgesteek.
Hy het oorspronklik onder die musiekbedryf se aandag gekom as produksieleier en verwerker op treffer CD’s soos Dozi se Op Aanvraag, en as liedjieskrywer vir die sterre, onder andere Mathys Roets, Dozi, Wynand Strydom en Guillome. Maar dit was eers toe hy self sy liedjies begin sing het dat die publiek bewus geword het van die omvang van sy talent.
Sy wel deurdagte lirieke en kreatiewe verwerkings het gesorg vir ‘n lojale gevolg onder die media en die publiek, en onder ander kunstenaars word hy telkens beskryf as die volgende Koos Du Plessis, of die volgende Jacques Brel. Sy huiwering om sy musiek komersieël te bemark, asook sy kontroversieële houdings teenoor tradisionele roetes na bekendheid, soos feeste, het hom gevestig as ‘n ware onafhanklike kunstenaar, met ‘n baie sterk en groeiende bewonderaars kring gebaseer op suiwer meritie. Sy tweede album, ‘n Pyl deur Seil met Vuur, is uitgereik in September 2008, na twee jaar se skryf en opnames.
Piet het oor die afgelope paar jaar homself gevestig as ‘n kunstenaar wat nog lank hier gaan wees. Stil-stil en onder die radar het hy al duisende CD’s verkoop en bewonderaars oorgewen, nie net in Suid Afrika nie, maar ook in Australie, Nieu Zeeland, Amerika, Nederland en Engeland (om net ‘n paar te noem)
Piet is ‘n voorbeeld van die heel beste wat die Afrikaanse Taal het om vir die wêreld te wys, en met net sy kitaar en stem op die verhoog is hy ‘n ondervinding wat moet beleef word om te kan beskryf.