Klopjag
- What kind of music? Theatre
- Van ‘n nederige begin as ‘n studente groep sewe jaar gelede tot een van die suksesvolste Afrikaanse bands van alle tye vandag. Dit is die kort opsomming van Klopjag se loopbaan. Wat hulle egter meer besonder maak, is dat ten spyte van die feit dat liedjies soos 24 uur, Stof, Nie langer en Skree , (om net ‘n paar te noem), reeds volksbesit is, hulle steeds die vermoë het om selfs hul grootste aanhangers te verras en jou van voor af ‘n “fan” kan maak. Hiervan is Klopjag se nuutste album “Musiek vir die agtergrond”
sonder twyfel ‘n getuigskrif.
Klopjag doen tans nie baie vertonings nie so moenie die kans misloop om hierdie legendes te kom sien hier by Dorpstraat Restraurant Teater!!