Jannie Moolman en Christa Steyn

What kind of music? Theatre
HARTSNAAR is ‘n musiekstorie wat vertel van die mees ondefiniëerbare fenomeen op aarde – MUSIEK. Dit gaan oor liedjieskrywers, sangers en musikante jonk en oud, oor hulle drome, ekstase en frustrasie, oor hulle lag en hulle huil. Saam met die deurwinterde Christa Steyn by die klawers en sanger Jannie du Toit, is Mariëtte Galjaard (perkussie en kitaar), Douw Steyn (kitaar), en Werner Spies (kontrabas). Die vyf musikante sing almal, speel hulle instrumente hartstogtelik, en het die meeste van die musiek self geskryf. HARTSNAAR word die simbool vir passie en betrek die dilemma wat uit daardie passie voortvloei: is jy bereid om werklik op te offer ter wille van jou droom? Die musiek oorspan die volle spektrum van emosies, en die genres wissel van ballade tot folk-rock.

Rate this artist:

0.0/5 Stars (0 votes)
  • Currently 0.0/5 Stars.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

Shows