Abel Kraamsaal

What kind of music? Theatre
Abel Kraamsaal het in 2002 sy eerste vertoning gehou en landswyd begin optree. In die winter van 2003 het hy sy eerste album, Woorde op ‘n wynboks, opgeneem. Die media en algemene publiek het met baie lof van hierdie debuutalbum geskryf. Die album is genomineer vir ‘n GMT.

In 2004 neem Kraamsaal sy 2de album op, Wonder jy ook soms, en weer is die media en publiek mal oor die produk, selfs verbaas oor die groei wat plasgevind het in produksie kwaliteit en musikaliteit. Die album word ook genomineer vir ‘n GMT.

In 2006 neem Kraamsaal sy derde album, Sondeval, op. Hierdie keer is die media en publiek gaande oor die produk. Dis ‘n ligter album met ‘n swaargewig produksie. Dis ‘n kitaargedrewe produksie onder hande van die geniale Robert Mitchley. Sondeval bereik sommer in die eerste maand record verkope vir Kraamsaal. Kraamsaal roep die hulp van musikant vriende in soos Chris Chameleon, Gian Groen, Jak de Priester, Jan Blohm en vele ander om die Album “Son in blom” te maak ten bate van kanker organisasie, PLWC. Kraamsaal en mede musikante het elke jaar ‘n groot vertoning vir PLWC waar geld ingesamel word vir hierdie doel.

In 2008 sien die album “Vasgevang” op die rakke. Vasgevang is ‘n versamelalbum van die eerste drie cd’s se mees gewilde liedjies. Abel is besig om die volgende vollengte album op te neem vir vrystelling in April 2009.

Rate this artist:

0.0/5 Stars (0 votes)
  • Currently 0.0/5 Stars.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

Shows