Buckfever Underground

What kind of music? Theatre
Their website
The Buckfever Underground bestaan al byna tien jaar en het sedert hul per-abuis kultustreffer ‘Die Volk Is In Die Kak’ in 1998 stilweg op die toneel gebly. Langs die pad het hulle van Grahamstad na Kaapstad verhuis, nog so handvol kort albums uitgereik, ‘n paar keer by Oppikoppi gespeel, Geraas-toekenning nominasies ontvang en draai videos vir van hul liedjies soos ’Oom Willem Strikes Back’ en ‘Die Ou Man En Die Ou Vrou’ gereeld op MK89.

Hul nuutste vollengte album ‘The Buckfever Underground SAVES’ bevat liedjies soos ‘Die Woord’, ‘This Is The Photograph I Was Meaning To Take’ en ‘All You Need In Life Is A Soul’.

Die groep bestaan uit: Righard Kapp (kitaar), Stephen Timm (tromme), Jon Savage (klawers), Gilad Hockman (baskitaar) en Toast Coetzer (stem/ woorde).

Rate this artist:

0.0/5 Stars (0 votes)
  • Currently 0.0/5 Stars.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

Shows