Vagina Monoloë
- What kind of music? Theatre
- The Vagina Monologues in Afrikaans!
Eve Ensler se wêreldbekende toneelstuk word vir die eerste keer in Afrikaans by Dorpstraat opgevoer. Die Vagina Monoloë eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid. Met deernis, fyn humor en wysheid, gee hierdie bekroonde toneelstuk ‘n stem aan vrouens se se diepste vrese en fantasieë. Die monoloë word vertolk deur Antoinette Louw (van 7de Laan faam; Dis ek,Anna) Jacqui du Toit (Home Affairs) en Lulu Botha (Indien Moeg, Stop Rus; Carwatch). Nanine Wessels is die regisseur.
LET WEL HIERDIE VERTONING IS NIE GESKIK VIR KINDERS NIE.