Kabous Verwoed

What kind of music? Theatre
Their website
Reiswoorde 23 Julie 2009

Kabous Verwoed en Dawie de Jager (van Klopjag faam) bied aan: Reiswoorde

Kabous Verwoed is ‘n digter en woordmens wat vir lank hier in die Kaap gedigte kom jaag het. Deesdae is hy die rustigheid vanself waar hy saam met sy verloofde Jackie en haar 5-jarige Olifantprinses (in Bronkhorstspruit) woon. Of is hy? Middel November span hy kragte saam met mnr Louis Esterhuizen (voorheen van die Betlehemse Supergroep Rooibaardt) om vir ongeveer ‘n week lank weer die Kaap se poetry vlakke te kom aanvul. Hulle tree om die beurt op saam met die Pretoriase sanger en liedjieskrywer Piet Van Wyk De Vries, die dames van plaaslike groep MELK en die welbekende Paarlse Sielkundige en sanger Hanru Niemand. Kom maak jouself weer bietjie oop vir woorde. Ingeval jy nog nie met Kabous te doene gehad het nie, kan jy hieronder lees wat ander reeds oor hom of sy werk te sê gehad het:

Charl-Pierre Naude (digter) – Kabous Verwoed verken ’n strook tussen musiek en woord. Die sosiale kommentaar is intens subjektief ervaarde oomblikke en daarom liries en nie prekerig nie. Hierdie is poësie wat nie wag om opgetel te word vir die lees nie, maar in jou kop neurie, of jy nou stap met ’n Ipod of nie.
Eckard Potgieter (Insig Jun 2006) – Kabous se beelde wat jou bybly sowel as die aanvoeling van die musikante maak hierdie vir my een van die belangrikste albums nog in Afrikaans.

Mariana Malan (Die Burger Jun 2006) – Beenkamers en Gange is nie ligte vermaak nie, maar maak jou gerus reg vir verbale chirurgie.

Koos Kombuis (skrywer/sanger) – Ek het nou die ultimate poetry gehoor wat in Afrikaans moontlik is.

Danie Marais (Beeld Feb 2007) – Kabous Verwoed wys hoe gemaklik musiek en die woord kan lepel lê.
Theunis Engelbrecht (Sanger/Joernalis) – Befok, befok, befok. Ek is sprakeloos.

Sallas de Jager (sanger/liedjieskrywer) – In die winter van 2005 voor in ’n paneelwa skuins voor Dorpstraat Teater het Kabous vir my iets laat hoor wat nou snit vir snit, sin vir sin en woord vir woord nog ego. Dit was in my moedertong sonder tricks en sonder slim verskuilde simbole. Dit was eenvoud verstrengel in waarheid op ’n manier wat ek nog nooit voorheen gehoor het nie. Dit was Afrikaans soos dit geskryf behoort te word en ek glo dit gaan nog gehoor en gelees word jare van nou, miskien nog op vakansieritte na Mars!

LET WEL DAAR IS TWEE KAARTJIE PRYSE VIR HIERDIE VERTONING: R60 EN DAN OOK R40 VIR STUDENTE

Rate this artist:

0.0/5 Stars (0 votes)
  • Currently 0.0/5 Stars.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

Shows

No upcoming shows scheduled